WIE IS ONS?

MY KLEINE WINKEL is 'n klein aanlynwinkel wat meestal spesialiseer in bekostigbare veiligheid- en sekuriteit verwante produkte en streef daarna om te verseker dat u uitstekende dienslewering, kwaliteit en bekostigbare produkte ontvang!

Die eienaar van MY KLEINE WINKEL is Annarie Vermeulen en die besigheid word bestuur deur Le Roux Fourie wat 12 jaar ervaring in tegnologiese sekuriteit het met die fokus op kamera- en inbraak opsporingstelsels.

WAAR HET ALLES BEGIN?

Destyds toe ons in Westdene (’n woonbuurt in Bloemfontein) gewoon het, het was ons in die vroeë oggendure, wakker gemaak deur die geluide van ons slaapkamer blindings. Toe ons na die venster kyk, sien ons dat 'n hand uitsteek deur die blindings waar die geraas vandaan kom. ONS HET LETTERLIK DIE SKRIK VAN ONS LEWENS GEKRY!

Gelukkig het die indringers verdwyn en was ons ongedeerd. Ons GROOTSTE vrees was egter dat hulle later sou terugkeer.  

 'N Goeie vriend van my het voorgestel dat ek die “Solar Motion Detector” koop. Ek het aanvanklik 'n miljoen vrae gehad en ons was nie in die finansiële posisie om duur sekuriteit toestelle aan te skaf nie. 

Uiteindelik het ons besluit om 2 eenhede aan te koop, sodat ons ten minste 'n sekuriteit apparaat het om ons te waarsku oor enige indringers, omdat ons slapelose nagte gehad het.

Bekommerd dat ek R600 op die toestelle gemors het, het die eenhede opgedaag. Omrede ek die ondervinding het in sekuriteit- en indringing stelsels, wou ek eers die eenhede vir 'n paar weke getoets het, om die doel, kwaliteit en duursaamheid van die toestel te verifieer. 

DIE BEGIN VAN 'N NUWE TOEKOMS!

Met inagneming van die huidige misdaadsyfers in Suid-Afrika, het ons besef dat dit dalk net die oplossing is vir baie mense wat op soek is na 'n bekostigbare vroeë waarskuwingstelsel. 

Met 'n paar idees om die regte webwerf vir ons visie te ontwikkel, het ons 'n paar vriende gehad vir aandete. Om die tafel het die naam "My Kleine Winkel" opgekom en ons het geweet dat dit net die regte naam was!

Ons hoof fokus is op veiligheid- en sekuriteit verwante produkte, met die visie om uit te brei deur nuwe produkte by te voeg, wat gebruik kan word in die alledaagse bestaan.

My Kleine Winkel het meer as 4000 Solar Motion Detector-eenhede verkoop aan tevrede kliënte.

DANKIE, SUID-AFRIKA, OM ONS DROOM TE BEWAARHEID!

LET WEL: Al ons produkte word getoets voordat dit op die webwerf bekendgestel word.

afAF
Open Chat
1
Need Help?
Hello,
How may we help you?